SOUTH AFRICA

Hi Anton. Aangename kennis. Ek het n paar op die stadium. Ek het n P4 en n S500 en dan n paar resies drones ook. Ek vlieg hier in Valhalla in Pretoria. Ek het my phantom nou vir 2 maande so Ek het nog nie eintlik na mooier areas toe gereis nie om mooi video en photos te neem. Ek is opsoek vir sulke plekke. Ek vlieg Elke dag omtrent want daar is n groot park oorkant waar Ek bly en ons vlieg ook ons fixed wing vliegtuie daar.
 
More Dylan. Ek het ook n P4 nou vir so 2 maande. Ek vlieg hier om Witbank dam. Lekker dat jy n plek so naby jou het. Ons mag mos ni eintlik in die dorpe en stede vlieg nie. Het al gekyk na n RPL maar dit is maar baie duur as mens nie regtig n inkomste daaruit gaan verdien nie.


Sent from my iPad using PhantomPilots
 
Ja nee Ek hoor wat jy se om naby enige geboue ens te vlieg. Dis hoekom Ek oor die veld vlieg en nie naby huise nie. Daar is ook die kwesie van privaatheid. Ons is ook so 800m van swartkop lugmagbasis so ons moet maar versigtig wees. Ek is met samaa so ons vlieg party dae by white hills wat n samaa veld is. Ook baie oop en geen geboue ens naby nie. Ek wil graag die RPL doen net om te kan se dat Ek weet hoe om die goed te hanteer en Dalk dinge met dit doen om my heidige inkomste te supplement.
 
Naand manne, Ek sien julle is van Pretoria en Witbank. Ek woon in Port Owen aan die weskus en het n Phantom 3 Adv. Het enige iemand kennis van 3de party batterye? Is hulle vergelykbaar met DJI batterye? Waar kan ek hulle bestel. Hoop julle kan raadgee.
 

Members online

No members online now.

Forum statistics

Threads
143,066
Messages
1,467,358
Members
104,935
Latest member
Pauos31